SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Potbrood
Potbrood »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Pasella groet 2017

Maak 'n Afdruk Afdruk

M&D

Pasella groet 2017

Hierdie week groet Pasella 2017 op 'n hoë noot. Melinda skop stof op saam met 'n model/motorfietsrenjaer. Dieter smul aan kerrie uit die Bo-Kaap, Viljé kuier saam met Corlea by 'n redding sentrum vir honde en daarna spring hy aan die werk saam met Jannie Moolman by Hartebeespoortdam.

Dayna Nienaber mag dalk ‘n model wees, maar sy is glad nie bang om so bietjie stof onder haar gemanikuurde vingernaels te kry nie.

Dayna het op 13 die eerste keer saam met haar pa ‘n motorfiets-wedren bygewoon en dit is net daar waar die motorfiets-gogga haar gebyt het. Sy het op 16 deeltyds by ‘n werkswinkel motorfietse help regmaak en kort na haar eerste wedren het sy haar eerste borg losgery.

Dayna was in 2015 in ‘n ernstige motorfiets-ongeluk wat haar in die hoë sorg eenheid laat beland het. Hierdie ongeluk het haar egter geensins afgeskrik van die sport nie en sy het vinnig weer terug op die ysterperd geklim. 

Zaine Misbach

Die kleurvolle Bo-Kaap is een van die oudste woonbuurte in die Moederstad met van die geboue wat uit so vroeg as 1760 dateer. ‘n Gewilde toeriste-aantreklikheid vir plaaslike en buitelandse besoekers.

Die bobaas-kok, Zaine Misbach bied kook-toere aan vir besoekers wat die Bo-Kaap op sy beste wil beleef. Sy neem hulle op ‘n vuurwarm spesery-toer deur die kleurvolle strate, terwyl sy ook die historiese feite van die area deel. Die toer eindig met ‘n kook-sessie in haar kombuis waar sy ‘n kerrie-kookles uit die boonste rakke gee.

Zaine maak al vir meer as 30 jaar tradisionele disse, eie aan die Kaap. Sy maak alles van kerrie, rotis, koeksisters, samoesas en meng haar eie masala.

C&J

Dit is geen geheim dat die sangeres, Corlea Botha, die stem van ‘n engel het nie. Behalwe vir haar sangloopbaan, werk sy tans aan haar eie klere-reeks en is sy al vir die afgelope 6 jaar by die ‘Pug Rescue’ in Benoni betrokke.

Corlea het al op ‘n drie-jarige ouderdom musikale talent getoon en op 5-jarige ouderdom sanglesse begin neem. Voordat sy gematrikuleer het, het sy reeds haar debuut in die teater gemaak, ‘n album uitgereik en as ‘n ambassadeur in Japan opgetree.

‘n Hoogtepunt in haar loopbaan was toe sy verlede jaar tydens ‘n besoek aan New York deur die eienaar van die elite jazz klub, ‘Birdland’, genooi is om daar op te tree.  

Die opera-sanger, Jannie Moolman, se loopbaan het reeds in 1990 afgeskop. Sedertdien het hy plaaslik en op internasionale verhoë as operasanger, opgetree.

Jannie bly in Hartebespoort in Noordwes. Hy het onlangs aan sy meisie, Melissa, ‘n tandarts, verloof geraak. Hy is tans ook aktief betrokke om die Hartebeespoortdam se hiasinte-probleem saam met die gemeenskap aan te spreek.

Jannie en Corlea het in 2011 vir die eerste keer amptelik saam ‘n verhoog gedeel. Kort daarna het hulle saam ‘n duet-album, Alle Paaie Lei Na Rome, vrygestel wat platinum status bereik het. Hulle tweede duet-album, Unforgettable, is tans op die rakke.  

 

Bedankings:

Pug Rescue South Africa

Kontak: 082 508 0384
Webwerf: http://www.pugrescue.co.za/

 



Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development