Kuier by ‘n kat-hotel

24 November 2018

Die Expresso-aanbieder, Zoë Brown en haar kat, Sailor, is een van die eerstes om ‘n splinternuwe kat-hotel in Kaapstad te ondersoek.

At Frits in Kaapstad se middestad sorg al lank al vir die stad se honde, maar nou kyk hulle ook na die stad se katte met hul nuwe kat-hotel. Dié hotel se deure het 1 Oktober vanjaar oopgemaak en is die breinkind van Yanic Clue.

Expresso-aanbieder, Zoë Brown is ook ‘n radio-omroeper en ‘n kat-liefhebber. Met haar besige skedule kan ‘n kat-hotel beslis handig te pas kom. Haar kat Sailor stel ondersoek in en leer die hotel ken, en terwyl Sailor gepamperlang en ingeburger word, loer Hemelbesem en Zoë na die kamers, wat met die hulp van Bianca Geater ontwerp is.

Elke kamer het n voer-stasie asook meer as genoeg le-plek, klim-plek en speelgoed vir lekker kattekwaad.

Bedankings:

At Frits
021 200 4244
atfrits.com