KidStation met Paxton Fielies

31 November 2018

Hierdie week is Pasella op en top met die nuutste haarstyle. Idols-wenner, Paxton Fielies, neem haar susters-kind na ‘n haarsalon, wat spesifiek op kinderstyle fokus. 

Op 16 het dié Idols-wenner se lewe van ‘n doodgewone tiener-meisie van Bishop Lavis na ‘n oornag-sang-sensasie met ‘n lewe in die kollig verander. Vandag kry Paxton se niggie Zoe ‘n beurt om bietjie opgedollie te word.  

Paxton is die jongste deelnemer om tot op hede dié kompetisie te wen en spog op 17  reeds met haar debuut-album, This is me, op die rakke. 

Paxton, Zoe en Sasha-Lee maak 'n draai by KidStation, die haarsalon spesifiek vir kinders. Kleurvol en opwindend, dié salon is iets heeltemal anders.

Bedankings:

KidStation 
www.kidstation.co.za
fun@kidstation.co.za
021 823 8772