
Justin Strydom, Soli Philander en Die Ventertjies
Groot watersports, goeie kos en lekker musiek!

Die gesoute akteur Justin Strydom speel die karakter Paul King, in die gewilde casino-dramareeks – High Rollers. Hy het al in talle plaaslike en internasionale produksies gespeel en gee ook deeltyds klas by AFDA. Heino daag hom uit om wakeboarding vir die eerste keer te probeer!

Die komediant, Soli Philander het aanvanklik op radio naam gemaak, voor hy ook op die kassie en die verhoog begin vermaak het as TV-aanbieder en komediant. Hy het 'n nuwe produksie op die verhoog en is ook pa vir vyf kinders! Na ons joga-sessie op die water het hy vir ons gaan kook.

Melinda maak 'n draai by die boeremusiek duo, Nicola en Lindi-Lee Venter. Tussen die 17-jarige Nicola en die 14-jarige Lindi-Lee kan die Venter-susters ‘n volle 10 instrumente speel. Hulle pa is self deel van 3 boere-orkeste en sonder ‘n enkele formele musiekles agter hulle naam is die Ventertjies beslis gebore musiekmakers.
Bedankings:
StokeCity Wakepark Web: http://stokecity.co.za/ Tel: 082 348 6706
SUP Cape Town Web: www.supcapetown.co.za Tel: 082 789 0411
|