SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Julie

Maak 'n Afdruk Afdruk
Wend organiese insekdoder met tak aan

Juliemaand in ons kombuistuin!

PLANT
Preie:
Die winter is ideaal om preie aan te plant. Plant individuele saailinge ongeveer 30cm van mekaar af sodat daar genoeg wortelspasie is. Die preie hoort binne ses weke gereed te wees vir oes.

WENK: Plant die oorblyfsels van gebruikte preie weer terug in die bedding, wortels na onder. Sny die kop van 'n 2L-plastiekkoeldrankbottel af en plaas dit bo-oor om jou eie kweekhuisie te maak.

Aspersies:
Aspersieplante moet elke 7 tot 10 jaar uitgehaal, verdeel en herplant word. Berei die bedding voor met baie kompos en ten minste twee hande vol beenmeel. Verdeel die plantwordels en plant ongeveer 10cm onder die grond. Druk stewig vas. As pasmaat kan jy pietersielie plant om die aspersie se geur aan te vul Aspersies self is 'n goeie pasmaat vir enige plant. Dit skei asparagine af wat meeste plante se groei bevorder.

TAKE
Organiese spuitmiddel:
Week plante met sterk geure, soos basiliekruid en tansy*, oornag in 'n emmer kookwater. Verwyder daarna die blare en meng die aftreksel met 'n halwe koppie seeppoeier. Die seeppoeier maak dat die mengsel aan die plante kleef. Willie wend die middel met 'n tak suurlemoen verbena aan deur die tak in die mengsel te doop en oor plante met luise te vee. Alternatief kan jy 'n spuitkannetjie gebruik.

Hierdie is ‘n breëspektrummiddel wat werk vir ‘n verskeidenheid van peste, maar gebruik dit veral op koolgewasse want luise kuier graag op hulle.

*probeer jou eie resep met ander sterk geure soos rissies en knoffel.

Maak steggies:
Roorsmaryn en tiemie is ideaal vir die maak van stegies. Sny ongeveer 20cm  van die takkie af en maak seker jy sny op harde hout af. Anders sal die plantjie gou verlep. Druk die puntjies van die takkies in hormoonpoeier voordat jy dit plant, maar dié hormone is chemikalies, so, as jy dit nie wil gebruik nie, kan jy die steggies net so plant. Maak seker die grond dreineer goed en werk ‘n goeie klomp saailingkos in. Maak goed nat as jy geplant het en hou nat. Hoewel party mense steggies in ‘n glas water sit, hou heelwat kruie nie daarvan nie en doen beter in die grond.

OES
Toets of rape gereed is vir oes deur hul blare met jou hand weg te stoot. Indien die bokant van die pers raap uitsteek is dit gereed vir oes. Voel onder die grond met jou hande of witwortels gereed vir oes is. Witwortels hou van koel groeitoestande en wil redelik diep gedurende herfsmaande geplant word. Dit lok min peste in die tuin, groei maklik van saad af en kan dwarsdeur die jaar geplant word.

Resepte:
Onthou:  Witwortelvlokkies met witwortel- en vanielegegeurde melk
Ontspan: Witwortel- en peersop
Onthaal:  Lam-navarin      

 

aartappels:

In die tuin:

  • Gooi ‘n deklaag van houtstukkies, blare of neutdoppe – dit hou die grond warm en keer dat water onnodig verdamp;

  • Kyk na jou ertjies en ert die grond liggies om die stamme op sodat die wortels beskerm word teen die koue. Gee ook sommer twee of drie keer deur die winter vir hulle organiese kos wat met water aangemaak word en oor hulle gespuit word.

Oes:

  • Sny dit so laag moontlik af om die stokkie te kry waarmee jy gaan werk;

  • Jy kan dit uithaal en in stukke breek. Sit ‘n stukkie wat wortels aan het in ‘n pot en sit dit in ‘n sonnige posisie – maar onthou sy lang blare moet afgeknip wees.

 

Plant – tatsoi

 

  • Maklike plant om te kweek

  • Plant 20 cm uitmekaar om lugsirkulasie deur te laat, hou van enige weer, maar verkies koeler maande om geplant te word; plant in ‘n bedding wat middagkoelte kry in die somer; plant eerder saailinge as saad in die winter omdat saad moeiliker ontkiem; pluk gerus van kleins af blare of wag totdat hy blom, jy kan saad en blom gebruik. Best designer louboutin online for sale.

  • Pasmaat – sprietuie hou goggas weg van tatsoi af.

 

Onderhoud:

  • Sny koljander of dhania terug; knip van onder af uit – nie almal wat saad het nie, want die saadkorrels kan jy ook gebruik; gee gerus in die winter ook kos, maar nie te veel nie want dan skiet dit te vinnig saad – gee dus elke ses weke organiese bemesting; sit gereeld nuwe plantjies in sodat jy deur die jaar koljander kan oes

  • Eenjarige plant, trek dus uit na drie/vier maande en gebruik gerus die hele plant in die kombuis – van die wortels tot die sade.

 

 

Kombuisdisse:

Onthou: Groenkerriepasta
Ontspan: Thai Hoenderkerrie met grondbone en suikerertjies
Onthaal: Garnaalkokosneutlaksa (sop)

                      

TUIN:  The Institute of Culinary Arts naby Stellenbosch
RESEPTE: Institute of Culinary Arts - sjefdosent Carol Weideman
TUINGHOEROE: Willie Schmidt van Aspidistra-kwekery naby Stellenbosch

Kontak ons vir die geskenkpakkie instruksies en ontwerp.

Seeppoeier in emmer met tansy en basiliekruid water
Witwortels in mandjie met sker
Wend organiese insekdoder met tak aan
rape gereed vir oes
preikoppe
Maak steggies van roosmaryn
Herplant aspersies
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development

The three replica watches pieces are technically the same, with but with decorative updates. The first two are set with diamonds, with either a pink or white gold case and bracelet as the base. They both come on beautifully crafted "Rolex Replica Watches" bracelets that match the case metal. These Polish bracelets are slightly more comfortable than the typical rolex replica, featuring a tighter weave that is achieved by weaving a series of threads around an axis from left to right rather than in the same direction (as is the case of Replica Watches with the Rolex bracelet). For more, you can visit our replica watches uk online shop.