Glamping by Africamps naby Robertson

12 Desember 2018

Dié week doen Pasella glamorous camping of te wel glamping. Ons eerste kuierplek is net buite Robertson saam met Pietman Geldenhuys. 

Die Patch Busch Berg-reservaat lê tussen Robertson en Montaque in die Wes-Kaap. Die reservaat in die Langberg beslaan sowat 2000 hektaar, met fynbos en natuurlewe wat dit die perfekte omgewing vir glamping maak. 

Pietman Geldenhuys is ‘n storieverteller, komediant, sanger en boonop ook ‘n afslaer en gekwalifiseerde blokman. Hy het sy eerste Afrikaanse album in November uitgereik. Hemelbesem hoor wat als nuus is terwyl hulle kanoe ry.

AfriCamp help gewone boere om ‘n deel van hulle plaas in ‘n glamping-toerisme-deel te omskep. Hulle gebruik ook mense uit areas met hoë werkloosheidsyfers om die tente en meubels te vervaardig. Sodoende leer hulle ‘n nuwe vaardigheid en verdien ‘n inkomste.