SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Februarie

Maak 'n Afdruk Afdruk
TTT Feb 2013 1

TUIN TOT TAFEL
Februarie in ons kombuistuin:
 
PLANT
 

Kohlrabi - saailinge.

Petunias – langs kohlrabi om luise weg te lok.

Rape – sade.

Blomkool:

Berei jou bedding deeglik voor met baie kompos – blomkool kan nie daarsonder groei nie. Plant die plantjies ± 3 tot 4cm diep, en 30cm uitmekaar sodat daar genoeg ruimte vir die kool se ontwikkeling is. Druk die plantjies stewig met jou vingers vas en maak nat. Dit behoort binne 2 tot 3 maande gereed vir oes te wees. Plant seldery, kruisement, kappertjies, petunias of stinkafrikaners tussen-in om peste soos plantluise en witkoolmotte te voorkom en onthou vernuwing is uiters belangrik.

Aartappels:

Aartappels kan selfs in 'n klein tuintjie aard, jy het net 'n lekker groot houer nodig wat halfvol grond gemaak is. Moenie te veel naby mekaar plant nie, want hulle het spasie nodig. Gebruik 'n saadaartappel (of aartappelmoer) en plaas dit met die ogie na bo in jou houer. Bedek met 10cm grond en gee dit kans om uit te loop. Werk weekliks meer grond in soos die aartappelplant hoër groei en plant peperwortel as pasmaat.

Salotte:

Volgende is salotte met stinkafrikaners as pasmaats aan die beurt. Maak seker die grond is goed omgespit sodat jy met jou vingers plantgaatjies kan maak. Hoe nader jy die salotte aanmekaar plant, hoe kleiner sal die bol wees.

TAKE

Stap deur tuin op soek na peste soos tekens van wurms in die mielies se baard.

Gee sonneblomme en bloubessiebome genoeg kos en water (sonneblomme hou voëls weg van bessies).

Roes: 

Roes is 'n tipe fungus met 'n skummelagtige poeiervoorkoms. Dit kom veral op tamaties en pampoen voor en is baie aktief in die somermaande.

Behandeling:
Sif 'n mengsel van wingerd- en stuifswael bo-oor die blare. Dit is nietoksies en die plant kan dus onmiddellik gebruik word.
Probeer ook ʼn mengsel van 2% koeksoda en 1% tuinolie – wat enige plantolie kan wees. Skud goed en spuit plantblare daarmee. 

Koeltebeskerming:

Gooi deklaag vir plante om teen die hitte te beskerm. Gebruik vyf dele van enige “groen” kombuisafval tot 1 deel organiese bemestig en neutedoppe na hartelus. Strooi losweg oor die beddings. 

OES

Pietersielie:

Pasmaats vir pietersielie: Plant bone en tamaties langsaan vir skadu

Zucchini (Vingerskorsies):

Dié vrugte word tot ʼn meter lank, maar oes wanneer die vrug so 20 tot 30 sentimeter is. Die blom is ook bruikbaar. Haal die stamper uit wanneer jy die blom pluk sodat dit mooi oop bly.

Aarbeie: 

Aarbeie moet vroegoggend geoes word en natuurlik ook voordat voëls en goggas hulle bykom. Die aarbeie kan regdeur die somer dra, maar help hulle aan met handevol dennenaalde wat om die plante gegooi word. So bly hulle koel en die suur in die naalde gee ekstra groeikrag. Die stekelrige hopies is sommer ook 'n afskrikmiddel vir enige gogga wat aarbeie se kant toe mik. 

Resepte:

Ontspan: Zucchini-spiraalAarbei-en-rooirissieblatjangBitterballen met gremolata en bechamelsous.

Onthaal: Diepgebraaide roomkaas-en-sampieon gevulde Zucchini-blom. Aarbeiskemerkelk en Aarbei Mille FieulleRavioli gevul met pietersielie en duxelle, afgerond met ‘n pietersielieskuimsous.


Onthou: Gepekelde zucchini-spaghetti. Aarbeigarnaalsosaties met gerookte kreef. Pietersieliepesto.

TUIN:  The Institute of Culinary Arts naby Stellenbosch

RESEPTE: Institute of Culinary Arts - sjefdosent Carol Weideman
TUINGHOEROE: Willie Schmidt van Aspidistra-kwekery naby Stellenbosch

 

TTT Feb 2013 2
TTT Feb 2013 3
TTT Feb 2013 4
TTT Feb 2013 5
TTT Feb 2013 6
TTT Feb 2013 7
stinkafrikaners

ICA tuin op Pasella

Willie Schmidt Pasella tuin ghoeroe tuin tot tafel
salotte plant
Water koolplantjies in februarie
koeltebeskerming

Zucchini plantjies in mandjies

aarbeie oes

Vicky Davis, Willie Schmidt en Carol Weideman ICA

    

 

 

 

 


 




Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development