SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Kondensmelkfudge in die mikrogolf
Kondensmelkfudge in die mikrogolf »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Erica Wessels, Ian Roberts en die Van Der Merwes

Maak 'n Afdruk Afdruk

Bootrit saam met Erica Wessels Pasella

Erica Wessels, Ian Roberts en die Van Der Merwes

Ou vriende, nuwe gesigte en banting boerekos!

Erica Wessels is bekend vir haar rolle in films soos Alles wat mal is, Trouvoete, Treurgrond en speel ook tans in die film – Van der Merwe. Erica het drama by Maties studeer en ook opleiding in New York ontvang. 

Erica en Willem Pasella

Sy het ook onlangs verloof geraak en ons ontmoet haar verloofde, Willem Boshoff. Ons leer ken die paartjie op 'n bootrit in die Waterfront.

Madele Burger Pasella

As jy ‘n getroue banter is, maar ook ‘n voorliefde vir lekker boerekos het, het Madele Burger raad oor hoe om die beste van beide te kan geniet. Madele Burger bly op ‘n plaas tussen Swellendam en Bredasdorp. Sy het ‘n resepteboek Banting Boerekos saamgestel, met van haar gunsteling resepte en sy maak vir ons 'n brokkoli-sop en heerlike mokkaroom-nagereg.

Rob van Vuuren as Van Der Merwe Pasella

Van der Merwe is ‘n nuwe Afrikaanse film oor dié Van der Merwe wie se dogter van Engeland af terugkeer met ‘n Britse verloofde. Maar Van der Merwe wil niks weet van hierdie buitelander nie! Ons het op die filmstel naby Melkbosstrand gaan inloer. Erica Wessels speel ook in die film, saam met Rob van Vuuren en Ian Roberts.

Ian Roberts Pasella

Ian Roberts vermaak kykers al sedert die tagtigs met ondermeer sy karakter – Sloet Steenkamp in die Arende TV-reeks wat kykers bankvas voor die kassie laat sit het. Van tv-reekse tot films soos Bakgat en Musiek vir die Agtergrond, Ian het diep voetspore in die bedryf gelaat. Behalwe vir Ian Roberts se akteursloopbaan, skryf hy verhoogstukke en slaan boonop ook die kitaar in die Radio Kalahari Orkes. Ons ontmoet ook sy dogter, Cara. Cara was te sien in die internasionale kunsrolprent Fynbos en het ondermeer ook in die verhoogstuk, The Gaurds gespeel, wat haar pa geskryf het.

 

Bedankings:

Waterfront Adventures

Web: http://www.waterfrontadv.co.za/
Tel: 021 418 3234

 

 


Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development