Dryfhout kunstenaar Tony Frederikson op Pasella

27 Maart 2019

Tony Frederikson is ‘n kunstenaar wat alles van ‘n drie-gang maaltyd, wilde diere, instrumente tot ‘n bromponie uit afval-hout kan optower.

Hy versamel die houte in die veld en op omliggende plase in die Witrivier omgewing. Hy het al kunswerke vir hotelgroepe so ver as die Seychelles gemaak. Sy werk wissel van klein tot 13 meter hoë konstruksies. 

Pasella ontmoet vir Tony en hoor meer van sy kunswerke en proses. Moet dit nie misloop nie, Woensdag 19:30 op SABC2.