Drie plaaslike backpackers

05 Desember 2018

Woensdag 5 Desember klim Pasella ‘n bus na drie plaaslike backpackers waaroor internasionale toeriste gaande is.

Hemelbesem gaan bos in Natures Valley saam met ‘n origami-kunstenaar wat met papier toor. Rumarcques pak sy rugsak vir ‘n kuier aan Durban se kus. En Paul en die sanger Early B verf Maboneng rooi. 

Ross Symons is ‘n origami-kunstenaar wat sy 9 tot 5 beroep as programmeerder agtergelos het om homself voltyds op sy papier-kuns toe te spits. Hy en Hemelbesem vat die Tuinroete na ‘n backpackers naby Natures Valley. 

Pasella se volgende bestemming op die backpacker-roete lê sowat 30km buite Durban – en is gelyk aan die wenner-kombinasie van son, see, sand en ‘n branderplank. Die internasionaal bekende branderplankryers Gary van Wieringen en Frankie Oberholzer verruil Warner Beach vir Durban se strand vir meer gematigde branders, ideaal vir beginner-surfers soos Rumacques. 

Ons laaste stop is Jozi saam met Early B, die plek om te wees met alles van straat-kuns tot ‘n braai-fees. Early B is oorspronklik van Bloemendal in Port Elizabeth. Sy album ‘Aangename Kennis’ het die treffer-parades op hol, terwyl hy ook ‘n Ghoema-toekenning vir die beste hip-hop-snit in die sak het. Hy en Paul klok in vir ‘n Maboneng-ervaring soos min. 

Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2.

Bedankings:

Curiocity
011 027 5257 / 0728809583
bheki@curiocityhostels.com
curiocity.africa

Bazbus
0214225202
Info@bazbus.com
bazbus.com

Bluesky Mining
031 916 5394 / 083 713 9896
bsm1@mweb.co.za
www.blueskymining.co.za

Wild Spirit Backpackers
082 828 8008
info@wildspiritlodge.co.za
wildspiritlodge.co.za



Lees Ook: