SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Dis Valentynsdag by Pasella

Maak 'n Afdruk Afdruk

Manie CD

Dis Valentynsdag by Pasella

Hierdie week vier Pasella die liefde saam met Manie Jackson en sy verloofde en hy sing saam met een van sy grootste aanhangers. Paul en sy Candice hou ‘n Valentynsdag vasvra en piekniek terwyl Sally Campher en Pieter Esterhuizen vir ons meer vertel van hulle nuwe film, Raaiselkind.

Manie Jackson het in 2017 sy nuutste album, Palms van My Hande, vrygestel. Hy het in 1998 sy eerste album vrygestel, maar sy groot deurbraak was in 2010 toe hy die treffer, Die Hemel Weet, vrygestel het.

Hy is ‘n groot Elvis Presley en Bles Bridges aanhanger. Bles se seun, Victor, was selfs vir vyf jaar Manie se klankingenieur.

Manie is die jongste van 5 broers. Sy tweede-oudste broer is in 2016 oorlede aan ‘n vergrote hart en sy pa is ook 6 maande daarna oorlede. Manie se nuwe album sluit ondermeer ‘n snit in wat deur sy pa geïnspireer is.

Manie en Keagan

Manie Jackson het in 2017 mense se harte warm laat klop toe hy een van sy grootste aanhangers, Keagan Rossouw, op die verhoog verras het.  Keagan is mal oor Manie se treffer, ‘Die Hemel weet’ en was juis besig om dit op die verhoog te sing, toe Manie onverwags begin saamsing. 

Keagan is met ‘n skaarse beenmurgsiekte asook geslote oorkanale gebore. ‘n Gehoorstuk wat aan sy skedel geheg is, stel hom egter in staat om sy sang-droom na te jaag. Manie en Keagan het daarna al by verskeie geleenthede saam opgetree. Die duet is op Manie se dvd, ‘Grootste Treffer Videos’, ingesluit. Keagan sal self graag eendag ‘n bekende sanger wil wees en werk tans aan sy eie album.

Manie en Angel

Manie was vir ‘n lang tyd enkellopend totdat hy sy verloofde,  Angel de Lange, ‘n country-sangeres ontmoet het. Angel was op ‘n stadium ‘n agtergrond-sangeres vir wyle, Fredi Nest en dis ook hy wat destyds vir Angel en Manie aan mekaar voorgestel het. Angel was vir twee jaar ‘n paramedikus gewees voordat sy voltyds begin sing het. Die twee spog ook met ‘n duet op Manie se  album, ‘Palms van My Hande’.

Sally Campher en Pieter Esterhuizen

Die aktrise, Sally Campher, sal altyd goed onthou word vir haar rol as Yollie in Orkney Snork Nie.

Sally en haar -man, die draaiboekskrywer en regisseur, Pieter Esterhuizen spog tans met hulle nuwe film, Raaiselkind. Die Raaiselkind-boek wat deur Annelie Botes geskryf is, is in 2001 gepubliseer en is sedertdien in Engels en Nederlands vertaal. Die boek het Sally geweldig aangegryp en Pieter het dit daarna in n draaiboek verwerk.

Raaiselkind poster

Die voormalige 7de Laan-aktrise, Diaan Lawrenson, vertolk die rol van die ma en klein Alexander word deur Ian Roelofs gespeel wat ook al op 7de Laan verskyn het.  Nog bekendes in die rolverdeling sluit Anrich Herbst, June von Merch en Deon Lotz in.

Agter die skerms Raaiselkind

Pieter en sy broer, Willie Esterhuizen laat die land al vir dekades lag met hulle flieks en reekse soos, Orkney Snork Nie, Vetkoekpaleis, Mollie en Wors en nou ook Ouboet en Wors. Nog Esterhuizen-projekte sluit films soos Poena is Koning en Droomdag, in. Sally is ook ‘n grimeerkunstenaar en op die Droomdag-stel het Pieter vir die eerste keer self die kamerawerk behartig.

 

Bedankings:

Stonehaven on Vaal
Webwerf: http://stonehaven.co.za/
Kontak: 016 982 2951

Farm Inn
Webwerf: http://www.farminn.co.za/
Kontak: +27 12 809 0266-77


Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development