Darlene Bayley verbeter een kyker se voorkoms

09 Julie 2019

Pasella-kyker Annetjie Enslin kry ‘n mooi-maak-sessie by die voorkoms-konsultant Darlene Bayley. 

Kom ons wees eerlik: Almal geniet 'n 'make over'! Of jy nou jou gunsteling make-over film vir die hoeveelste keer kyk en of jy dalk self 'n 'make over' kry - 'n suksesvolle een sit 'n glimlag op die gesig en 'n warm gevoel in die hart! Amalia kuier by Darlene Bayley van Imagepreneur en ontmoet ons gelukkige Pasella Make Over kandidaat Annetjie Enslin. 

Annetjie is 'n ouma van twee pragtige kleinkinders. Kyk Pasella om te sien hoe Darlene en haar span Annetjie se voorkoms transformeer. 

Dis Pasella, Woensdae om 19:30 op SABC2.