Corrine Morris se voorkoms transformasie

09 Januarie 2019

‘n Eenvoudige nuwe haarstyl, grimering of net die regte klere-keuse kan iemand se voorkoms dadelik opkikker en sommer net weer nuwe selfvertroue gee. Aletté-Johanni Winckler spesialiseer daarin om mense raad te gee – om die beste weergawe van hulself te wees. 

Pasella-kyker Corrine Morris is die gelukkige dame wat nuwe voorkoms-wenke ontvang. Sasha-Lee is daar om als ons brandende vrae oor voorkoms transformasies te beantwoord. 

Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2.