Christall Kay se enorme skoene versameling

26 Maart 2018

Die behoefte of geneigdheid wat mense het om te versamel, kom volgens sielkundiges in die menslike psige voor vandat ons bessies en neute vir kos begin versamel het. Soos die mens ontwikkel en vooruitgaan versamel ons steeds, maar die gedaante van wat ons versamel het al elke soort en vorm onder die son ingeneem: van teelepels en outydse telefone tot porseleinpoppe en poskaarte! Dié week op Pasella ontmoet ons 'n paar interessante karakters en hul selfs meer indrukwekkende versamelings.

Marilyn Monroe het gesê ‘Give a woman the right shoe and she can conquer the world’ en Amalia besoek Christall Kay om te sien of dit haar leuse is. Christall is die toonbeeld van Blonde Ambisie. Nie net is sy 'n suksesvolle sakevrou nie, maar sy is ook die trotse eienaar van oor 'n duisend paar skoene! Sy nooi ons om 'n bietjie in haar skoene te staan hier in haar spoghuis in Killarney.

Dis Pasella, Woensdae om 19:30 op SABC2.