SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Augustus

Maak 'n Afdruk Afdruk
prei plantjies in grond Augustusmaand in ons kombuistuin

PLANT
Preie
Gedurende Juliemaand het ons preie geplant en met plastiekbottels bedek. Hierdie maand voed en gee ons hulle kompos. Preie is dwarsdeur die jaar beskikbaar mits jy dit gereeld aanvul. Soos jy uithaal moet jy weer aanplant. Jy kan preie oes en die koppe weer terugplant of die plantjie net bo die grond afsny, maar dis nodig om af en toe nuwes ook te plant.

Tamaties
Plant hierdie maand tamaties in jou kweekhuis. Berei 'n saadbak voor met goeie potgrond wat maklik dreineer. Strooi die tamatiesaadjies daaroor en bedek met 'n ligte lagie potgrond. Maak die saadjies effens nat en bedek met 'n lagie koerantpapier. Die koerant veroorsaak meer hitte en laat die sade vinniger ontkiem. Die saadjies behoort oor 'n maand gereed te wees om in die buitelug oorgeplant te word.

TAKE
Koolbedding
Teen die tyd behoort jou kool – wat reeds aan die begin van die winter geplant is – saad te geskiet het. Sny die plante wat nog oor is in totaliteit in stukkies en spit dit in die grond in. Die bedding moet nou minstens ‘n maand na ses weke rus voordat jy weer enigiets hierin plant. Alle Brassica of te wel koolgewasse gee 'n gas af, wat die aalwurm verdryf. Die aalwurm tas jou plante se wortelstelsel aan en verhoed dat die plant verder groei.

Kweekhuis
Indien jy nie langer vir die sonnige somermaande kan wag nie, kan jy jou eie kweekhuis met behandelde latte, “cable ties” en groenhuisplastiekbou. Die kweekhuisplastiek is ideaal want dit laat lig deur, hou hitte binne en is UV-bestand.

OES
Die roosmarynsteggies wat ons gedurende Juliemaand geplant het, behoort nou gereed vir oes te wees. Roosmaryn is vinnige groeiers en hoort binne twee tot drie maande gereed vir oes te wees. Oes die plantjie deur die takkies in die helfte deur te sny. Hoe meer jy sny, hoe gewilliger groei die plantjies.

Resepte
Ontspan: Lamsboud gestop met knoffel en ansjovis
Onthaal: Skelvismousseline in prei met roompreie en preiskuim
Onthou: Roosmarynkoekies


TUIN:  The Institute of Culinary Arts naby Stellenbosch
RESEPTE: Institute of Culinary Arts - sjefdosent Carol Weideman
TUINGHOEROE: Willie Schmidt van Aspidistra-kwekery naby Stellenbosch

PASELLA Sê DANKIE AAN

Institute of Culinary Arts
T: 021 885 1414
F: 021 885 1085
info@icachef.co.za
www.icachef.co.za

Aspidistra Tuinsentrum
T: 021 881 3494
F: 021 881 3430
willieschmidt@telkomsa.net
volgroeide prei
Oes roosmaryn
Kool saadskied
Tuisgemaakte kweekhuis
Blombakke vir tamaties
Tamtiepakkies saadjies
Koerantpapier oor potplant
ICA
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development