SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

April

Maak 'n Afdruk Afdruk
tuin tot tafel April 2012

 

 April in ons kombuistuin:
 

PLANT

Kweperboom – ideale herfs-/winterplanter:
- Grawe ‘n diep gat

- Gooi beenmeel en kompos

- Sit boom in die gat
 
- Haal plastiek af maar moenie wortels te veel woel nie

- Gooi toe (kyk onder take vir waterpyp)

Beet:
Vul gereeld jou beetbedding aan. Dié plant benodig ryk organiese grond, dus is goeie kompos noodsaaklik. Spit vars kompos in die bedding en maak gelyk. Strooi beetsaad egalig oor die bedding en bedek met lagie kompos – ook oorgestrooi, nie ingespit nie – en maak nat. Jy behoort binne 3dae die eerste teken van lewe te sien.

*Beet is een van die gewasse wat in koelte kan groei, dus belangrik om nie die bedding dan oornat te maak nie. Toets met jou vinger of die grond klam is, indien wel, maak eers die volgende dag weer nat. Oornat bedding kan tot swamme lei.

Brusselse spruite:
Hierdie plant het baie fyn saadjies. Plant dus eers in plantbakkies sodat die plantjie ontkiem. Maak seker jy gebruik goeie potgrond en plaas die plantjies in 'n sonnige area vir ongeveer 14 dae. Wanneer die plantjie 10cm hoog is, verplant in ander koolgewassebedding.

*Plant gousblomme tussen-in, dit hou goggas weg.




TAKE

Waterstelsel vir kweperboom:
Die boom word teen ‘n helling geplant dus:

- Sit ‘n pyp langs die boom in soda thy ‘n entjie bo die grond uitsteek
- Water word bo by die pyp ingegooi en loop direk na die wortels toe.



Maak tuin skoon:


- Haal tamatieplante uit – veral as dit roes op het (moet ook nie in die komposhoop gooi as dit roes het nie)
- Pluk groen tamaties af en bêre op ‘n koel plek totdat dit verkleur
- As die plant nie roes het nie, trek dit uit en hang onderstebo op koel plek totdat tamaties verkleur het
- Gooi die uitgetrekte plante (wat roes het) in ‘n swart sak en nie op komposhoop nie.
- Spinasie is meerjarig, maar kan ook uitgehaal word na ‘n jaar
- Haal uit en gee bedding kans om te herstel vir ‘n nuwe aanplanting.
- Trek uit met wortel en al en gooi op komposhoop.


Deklaag:
Einde April/Mei is ideaal om te dink aan wortelbeskerming teen die koue van winter.
Strooi dus 'n organiese deklaag van versnipperde hout (bas) en neutdoppe tussen jou wintergewasse soos tamaties en soetrissies.

*Jy kan 'n deklaag gedurende die somer ook gebruik vir beskerming teen die hitte. Dit hou die grond klam en hoef jy dus minder nat te maak.




OES

Komkommers:

Oes as dit so 10, 15cm lank is voordat dit geel is – geel beteken dis oorryp en nie meer lekker nie
Maak elke dag seker daar is nie wurms nie – inspekteer soggens
Behandel vir wurms as jy sien.

Resepte:

Onthou: Gepekelde komkommers
Ontspan: Gourmetburger met gepekelde komkommer op
Onthaal:
 komkommersamoesa met bokmelkkaasvulsul
komkommer-enpeperwortelsok
komkommerrolletjies gevul met maaskaas gegeur met spek, salm en kruie



Beet:

Ons oes op 6 weke. Vir groter bete, dun bedding op 2 weke uit tot plante 5cm uitmekaar is.
Bababete is soeter en donkerder van kleur en ongeveer 3cm in deursnee. Moenie die bedding uitdun as jy net bababete wil hê nie.


Resepte:
Ontspan: Beet-en-donkersjokoladekoek
Onthaal: Russiese borscht-sop
Onthou: Soetsuur gepekelde bababeet

TUIN: The Institute of Culinary Arts naby Stellenbosch
RESEPTE: Institute of Culinary Arts – sjefdosent Carol Weideman
TUINGHOEROE: Willie Schmidt van Aspidistra-kwekery naby Stellenbosch

 

 

 

 

 

Willie Schmidt en Carol Weideman ICA
Beetplante in die grond
Oes bababeetplantjies
Tuin tot tafel by die ICA in stellenbosch
Brusselse spruite in pakkie
Plant brusselse spruite in potplantjies
Plantjie in grond
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development