9 Februarie 2011: Sit nuwe lewe in ou tuinpotte

Wit afgeleefde tuinpot Jy benodig
Ou afgeleefde tuinpot
Growwe skuurpapier
Gomgeweer
Waterlelies

Ou tuinpotte het gewoonlik 'n hele paar lae verskillende kleure verf, van al die kere wat dit al van te vore mooi gemaak is. Dis juis hierdie eienskap wat Willie vandag tot sy voordeel wil gebruik. Begin die pot met die growwe skuurpapier af te skuur, hoe langer en harder jy skuur, hoe meer verf lae sal na vore kom en verleen juis die karakter aan die pot wat Willie wil verkry.

Indien jou pot dreineringsgaatjies het, kan jy hulle nou met die gomgeweer vul sodat die water nie sal uitloop nie. Onthou om die behoeftes van jou plant in ag te neem by die plasing van die pot. Willie kies 'n plekkie in die son, omdat waterlelies daar sal floreer. Vul nou die tuinpot met water en plaas die waterlelie, pot-en-al daarin.
Skuur ou tuinpot af
Waterlelie in wit tuinpot
 

Lees Ook: