SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

8 September 2010: Versier ou fotorame

Maak 'n Afdruk Afdruk
Skuur rame af Soek ook altyd eers in en om die huis na goed waarmee jy kan mooimaak, voordat jy iets nuuts gaan koop. Jy sal verbaas wees wat jy alles uitsnuffel.

Dekor-ghoeroe Marlize Lotz het juis 'n paar ou wasters in verskillende groottes in haar motorhuis ontdek wat ideaal hiervoor is. Sy gebruik ook rou ertjies wat sy in haar kombuiskas opgespoor het. En glo dit of nie, maar dit en 'n bietjie verf is basies al wat jy benodig om jou rame splinternuut te laat lyk.

Verder benodig jy ook:
Skuurpapier
Kwas
Wit PVA-verf
Houtgom
Wit spuitverf

Skuur die rame eerstens om dit effens growwer te maak en verf dit dan met die wit PVA-verf. Wanneer die rame goed droog is, kan jy dit ook aan die voorkant met 'n laag houtgom verf. Plak dan die wasters en ertjies op die onderskeie rame vas. Druk dit stewig vas en laat om goed droog te word.

Spuit daarna die voorkant van die rame met die wit spuitverf om die item mooi af te rond. Plaas nou net 'n mooi prentjie of foto daarin en jou rame is klaar.
Verf fotorame
Versier fotorame
Versierings
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development