8 Augustus 2012: koperdeurskarniere

Koperdeurskarniere

Koperdeurskarniere

Skarniere raak vol verf wanneer ‘n deur of kosyn geverf word. Om dit weer blink af te skuur, maak so:

 

  1. Sit tydskrifte onder die deur om dit te stut

  2. Draai die skroefies van die skarnier los – as hulle vasgeverf is, tik liggies met ‘n hamer op elke skroefie

  3. Om dit skoon te kry, het jy die volgende nodig:

    Verfverwyderaar

    Staalwol

    ‘n Bietjie water

    kookolie

    ‘n lappie en

    geelkoperpoetsmiddel

 

  1. Maak nou so:

    Druk die skarnier plat

    Sit in die bakkie met verfverwyderaar

    Laat lê ‘n rukkie

    Haal uit en skuur met die staalwol die hardnekkige verfplekkies skoon

    Was die skarnier met die water

    Smeer die geelkopermiddel met die lappie aan en wag ‘n rukkie

    Poets dit mooi blink

    Neem ‘n druppeltjie kookolie en drup op die middel van die skarnier sodat dit weer maklik oop en toe maak

    Sit die skarnier in posisie

    Draai aanvanklik een skroef in die raam en dan een in die deur om die balans te hou en volg dan met die res.



Lees Ook: