7 November 2012: vetplant houer

Marlize se kreatiewe houer vir vetplante

DIY: Marlize se kreatiewe houer vir vetplante

 

Benodighede:

‘n Kakturplantjie
Gips
Twee polistereenhouers wat maklik in mekaar pas
Petroleumjellie
Water
Poeierverf
Mengbak
Lepel

 

Metode:

  1. Maak grootste houer vol gips en gooi in mengbak – onthou as jy die water bygooi gaan dit kompakteer.

  2. Voeg kleursel by (poeierverg)

  3. Smeer die binnekant van die groot polistereenhouer met petroleumjellie en die buitekant van die klein houer sodat die gipspotjie later maklik uitkom.

  4. Gooi ‘n bietjie water by en roer aanhoudend sodat daar nie klonte vorm nie.

  5. Gooi net genoeg water in om ‘n redelike ‘deeg’ te vorm sodat dit in die polistereenbakkie uitgeskep kan word.

  6. Skep diemengsel in die groter vorm – driekwartvol.

  7. Druk die kleiner houer in die middel sodat ‘n gaatjie gevorm word waar die plantjie geplant gaan word. Gooi ‘n paar klippies in die klein vormpie sodat die gips dit nie na bo druk nie.

  8. Toets met jou vinger later of dit droog is. Indien wel, haal die binnekoppie uit en breek die polistereen om die potjie af.

  9. Plant nou die plantjie en versier dit bo-op met ‘n paar spoelklippies.


Lees Ook: