7 Maart 2012: Vormsnoei

vormsnoei

Vormsnoei is een van die oudste tuintegnieke wat 'n geordende gevoel aan enige tuin verleen. Deur vormsnoei beperk jy 'n plant se groei en dus kan jy dit in enige spasie – selfs 'n kleintjie – probeer. Selfs groot bome soos 'n byvoorbeeld 'n Ficus met 'n aggressiewe wortelstelsel kan so in toom gehou word. 

Met vormsnoei kan jy jou verbeelding vrye teuels gee. Jy kan rondes of vierkante of die bekende “lollipop”vorm probeer. Willie wys ons 'n spiraalvorm. Hiervoor werk 'n plant met 'n fyner blaartekstuur die beste, soos die Cupressus Marcrocarpa of Wilma Goldcrest. Om te help met die vorm, bind Willie 'n breë band aan die bopunt van die boom vas en draai dit dan in 'n spiraal om die boom tot onder om die lyn te kry waarop jy gaan werk.

Begin verkieslik in die middel want dan het 'n ruimte om die balans te vind tussen die drie spirale. Knip die hele tyd net bokant die band met die snoeiskêr effe skuins sodat jy lekker diep kan knip tot amper teen die stam. Hou aan om in die rondte te knip totdat jy tevrede is met die resultaat. Na drie weke moet jy dit weer 'n goeie snoei gee en so moet jy dit maandeliks herhaal totdat die plant in sy vorm ingegroei het.

 

vormsnoei
vormsnoei
vormsnoei
   
 

Lees Ook: