SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

7 Maart 2012: Deurstopper

Maak 'n Afdruk Afdruk
klip vir deurstopper Benodighede:
Groot, gladde klip
Kleurpotlood
Mooi ontwerp
Stukkie koolpapier
Handwerkverf (in spuitbotteltjies met tuite)
Maskeerband

Die klip moet goed gewas en ordentlik droog wees voordat jy begin. Plak die koolpapier tydelik met maskeerband vas op die area wat jy gaan versier. Sit dan jou ontwerp bo-op dit en plak dit ook tydelik met maskeerband vas. Kies 'n ontwerp wat mooi inpas by die dekor van die vertrek waar jy die deurstopper wil gebruik.

Trek nou die buitelyne van die ontwerp met die kleurpotlood af sodat dit op die klip oorgedra kan word. Gebruik juis 'n kleurpotlood sodat jy aan die bokant van die ontwerp ook kan seker maak dat jy geen areas van die ontwerp gemis het nie. Sodra jy die hele ontwerp afgetrek het, haal die koolpapier en ontwerp af en begin verf. Die verf in tuitbotteltjies werk goed om 'n “kolletjie”-effek te gee, wat sorg vir 'n moderne Afrika-gevoel. Maar vloeiende lyne kan natuurlik net so mooi vertoon. Indien jy jou deurstopper buite wil plaas, kies liewer emaljeverf wat langer in die wind en weer sal hou.
koolpapier
trek ontwerp af
klip vir deurstopper
 
 
 
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development