SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Fudge
Fudge »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

6 April 2011: Drupmatjies

Maak 'n Afdruk Afdruk
Wynglas op herwinde plastiek drupmatjie Maak moderne drupmatjies!

Jy benodig:
plastieksakke
skêr
balpuntpen
ronde vorm, soos CD
strykyster
twee velle gewone wit papier
iets om op te druk, handdoek

Begin deur ten minste agt stukkies plastiek uit die sakke te sny wat net wit is – m.a.w. met geen drukwerk soos skrif of ontwerpe nie. Maak seker dat elke stukkie groot genoeg is om jou vorm te bedek. Knip ook een stukkie uit wat vir jou mooi is. Dit kan enigiets wees van 'n ontwerp tot 'n woord of gedeelte daarvan.

Sit al die stukkies plastiek op mekaar neer -die een met die ontwerp op moet tweede van bo wees. Daar moet altyd een lagie gewone wit plastiek bo-oor die ontwerp wees om die regte effek te verkry.

Sit al die stukkies plastiek bo-op mekaar tussen twee velle gewone wit papier op 'n hittebestande oppervlak en stryk dit tot al die stukkies saamgesmelt het. Jy kan so nou en dan loer of al die stukkies vasgesmelt is, moet net nie brand nie.

Sodra jy tevrede is dat al die stukkies goed saamgesmelt het, kan jy dit 'n bietjie laat afkoel en dan die papier versigtig aftrek.

As dit krul kan jy dit met jou vingers na die ander kant toe buig of jy kan dit tussen die blaaie van 'n boek sit tot dit mooi plat bly.

As die plastiek heeltemal afgekoel het en plat is, kan jy jou ronde vorm daarop aftrek met die pen en die sirkel uitsny. Jy hoef nie altyd by 'n ronde vorm te hou nie, probeer gerus ander.
Knip wit plastieksak met sker
Stryk plastieksak stukkies tussen twee velle witpapier
Lig witpapier en kyk of plastieksak gesmelt het
Sny CD vorm uit gesmelte plastieksak
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development