SABC Logo
 
Pasella SABC2
Vuurwerke deur Jan Braai

Kompetisie besonderhede
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

4 Mei 2011: Lugplante (Epifiete)

Maak 'n Afdruk Afdruk
Epifiete in boom Hulle kan ín bome of teen hul stamme groei, maar is nie parasiete nie en leef van die humus wat in die bome se mikke rondom hulle versamel.

'n Paar spesies wat in hierdie familie is, is die brumelias, sommige varings soos die takbokvaring, epiphyllum (kaktusfamilie) en talandsias. Die meeste van dié plante hou van vogtige, maar nie té koue (ryp) toestande nie. Vandag wys tuin-ghoeroe Willie Schmidt hoe om so 'n plant aan die groei te kry.

Om 'n lugplant teen 'n boom te vestig benodig jy die volgende:
klapperhaar
stukkie ogiesdraad/net/ou sykous
potplantgrond
lugplant van keuse, Willie gebruik brumelia
elastiese bindtou

Begin deur die plant in die klapperhaar toe te draai en plaas in 'n mik in jou boom. Pas en draai die plant en klapperhaar totdat dit stewig sit en amper 'n nessie vir die plant vorm. Die klapperhaar verhoed dat die plant se wortels nie uitdroog nie. Neem nou jou ogiesdraad en druk dit om die plant om dit verder vas te hou en bind met die elastiese tou vas.

Versorging van 'n lugplant
Die versorging van lugplante is eintlik vreeslik maklik, omdat hulle nie baie aandag vereis nie en jy hoef hulle nooit kos te gee nie. Máár, omdat hulle wel van tropiese toestande hou is dit goed as jy hulle gereeld 'n ligte sproei met water gee.
Lugplante in boom
Lugplante benodigdhede
Heg lugplant aan boom met ogiesdraad
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development