31 Augustus 2011: Gras onder jou voete

Willie Schmidt bou tuinboks

Almal van ons hunker na 'n lappie groen gras, veral om in die somer kaalvoet daarop te loop. So hoe gemaak as jy 'n woonstel op die 3de verdieping het en geen grond vir gras nie?

Willie het 'n oulike oplossing wat jy in hierdie paar maklike stappe kan aanpak.

Jy benodig
creosote-behandelde houtlatte
spykers
hamer
saag
dik plastiek
potgrond
buffelgras

Begin deur 'n houer met die latte te maak. Bou eerstens 'n raamwerk en vul die sye met die res van die latte. Voer die houer uit met die dik plastiek sodat die potgrond nie deur die gapings val nie. Vul die houer nou met potgrond en liefs nie tuingrond nie. Potgrond het die ideale samestelling vir hierdie tipe tuinmaak.

Willie plant buffelgras wat hy sommer in 'n saailinghouer gekoop het en dus net so in die houer kan plaas. Die saailinghouer het gate aan die onderkant wat dan die gras se wortels toelaat om in die grond in te groei. Maklik.

Voed gereeld jou grasperkie met organiese bemesting of erdwurmtee indien jy jou eie wurmplaas het. Gebruik 'n skaapskêr om die gras in stand te hou.

Swartsak binne houtboks
Buffelgras in saailinghouer
Willie Plant buffelgras in houthouer
   

Lees Ook: