3 Oktober: Plaveisel plantvry te kry.

Karin wys ons hoe om plaveisel plantvry te kry.

DIY: Karin wys ons hoe om plaveisel plantvry te kry.

 

Benodigdhede:
‘n Draadborsel
Handskoene
2 besems – een hard, een sag
Emmer
Water
Algedoder
Sand-en-sementmengsel

 

 

Metode:

  1. Trek handskoene aan.

  2. Skrop ergste mos met die draadborsel tussen die stene uit.

  3. Vee die ergste gemors met die harde besem weg.

  4. Meng die algedoder met ‘n bietjie water in die emmer.

  5. Skrop weer met die staalborser wat jy in die mengsel druk, tussen die stene.

  6. Spuit die plaveisel skoon met ‘n tuinslang of hoëdrukspuit.

  7. Strooi die droë sand en sementmengsel tussen die stene in sodra die stene nie meer nat is nie.

  8. Vee met die sagte besem en sorg dat alle gapings en gaatjies gevul is.

 


Lees Ook: