SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

3 November 2010: Woordkunswerke

Maak 'n Afdruk Afdruk
Marlize Lotz Woordkuns

Jy kan óf speel met die letters en woorde óf met sinsnedes, uitdrukkings of selfs gedigte wat jy uit hout of viniel laat sny en teen die muur kan vasplak, of jy kan dit sommer direk op die mure verf.

'n Minder permanente opsie is egter om met dieselfde effek op skilderdoek te speel sodat jy dit maklik kan verskuif of kan verander as jy sou wou. Marlize wys ons hoe.

Jy benodig:
skilderdoek, grootte, soos jy verkies
rekenaar en drukker, om die woorde of letters uit te druk in die regte lettertipe en groottes soos jy verkies
koerantpapier, vir die agtergrond
houtgom
spuitgom
spuitverf, kleure van jou keuse
skêr
kwas

Begin deur jou skilderdoek met die koerantpapier oor te trek. Verf 'n lekker dik laag houtgom oor die hele doek en lê die koerantpapier versigtig bo-op neer. Maak seker dat die koerantpapier ver genoeg oor die rande van die doek steek sodat dit die kante ook sal bedek wanneer jy dit omvou. Die koerantpapier skep ʼn heerlike gevoel.

Terwyl die gom droog word, kan jy besluit watter letters of woorde jy gaan gebruik en kan jy dit solank met behulp van die rekenaar op gewone wit papier uitdruk.

Knip die letters uit en rangskik dit losweg op die skilderdoek tot jy tevrede is met die uitleg. Spuit dan die rugkante van die letters met spuitgom, laat die gom droog word tot dit net effens taai is en plak die letters dan tydelik in die regte posisies op die skilderdoek vas.

Spuit die hele skilderdoek egalig met die spuitverf in 'n kleur van jou keuse, Marlize gebruik “post box red”.

Laat die verf goed droog word en trek dan versigtig die letters af om die koerantpapier te ontbloot.

Daar het jy nou jou eie kontemporêre kunswerk waarvan jy hope variasies kan maak deur net met verskillende lettertipes of woorde, agtergronde of kleur te speel.

Pasella bedank graag:

Villa Zest Boutique Hotel
Braemerstraat 2, Groenpunt, Kaapstad, 8005
Tel: 021 433 1246
Faks: 021 433 1247
E-pos: info@villazest.co.za
www.villazest.co.za

Rooi hout letters
Marlize Lotz versier mure met woorde
Koerant of canvas
Woorde op koerant
Spuitverf woorde op canvas
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development