SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Kondensmelkfudge in die mikrogolf
Kondensmelkfudge in die mikrogolf »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

28 September 2011: Vertikaletuin (Skoensak)

Maak 'n Afdruk Afdruk
Coir Coco Potting soil Vertikale  tuine is deesdae hoogmode en vandag wys tuinghoeroe Willie Schmidt ons hoe om 'n ou skoensak vir só 'n tuin in te span.

Jy benodig
Ou skoensak*
lang breinaald
klapperhaarpotgrond**
plante van jou keuse
spuitkannetjie

Begin deur gaatjies in die agterkant van elke kompartement met die breinaald te steek. Dreinering is uiters belangrik vir hierdie soort tuin. Vul elke kompartement met die klapperhaar potgrond. Hierdie spesifieke grond is lekker lig en sal dus die sak nie te swaar maak nie. Die klapper is 'n goeie vogbewaarder. Hang nou die skoensak teen 'n muur op.

Willie kies meer- en eenjarige plantjies wat baie kleur sal voorsien.
In die boonste ry plant hy die eenjarige plantjies wat nie te groot en swaar sal groei nie;
blou lobelia's
geel viola's
rooi en wit begonia's

Vir die middelste ry, gebruik Willie die meerjarige plantjies;
blou/pers/pienk meerjarige lobelia's
heuningblommetjies, ruik ook baie lekker

Vir die onderste ry kan jy meng en pas. Herhaal die kleure vir 'n mooi afgeronde voorkoms. Die versorging van 'n vertikale tuin behels goed natmaak elke tweede dag, ('n spuitkannetjie is ideaal hiervoor) en dan eenmaal 'n maand organiese misstof vir blommende plante.

* met verskillende kompartemente/sakkies en verkieslik met plastiek uitgevoer
** ook bekend as Coir of Coco Coir Potting Soil
Steek gaatjies in ou skoensak
Geel blommetjies in ou skoensak teen muur
Blou pers blommetjies in ou skoensak teen muur
Vertikale skoensak tuin
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development