LAND: Bedkassies
Het jy ‘n ou dennehoutbedkassie? Marlize stel voor ons verf dit.
Sy gebruik ‘n silwermetaalkleur.
Stappe:
Maak kassie mooi skoon
Haal handvatsels uit
Skuur liggies af (60 grein skuurpapier)
Borsel stof af
Sit ‘n laag swart emaljeverf op sodat silwer mooi uitskom (die verf kan jy bo-oor enigiets aanwend, so, jy hoef jou nie dood te skuur nie!)
Gebruik ‘n sponsrollertjie vir ‘n gladde afwerking en verf die moeilike dele met ‘n kwas
Laat droog word
Verf die silwerverf ook met ‘n sponsrollertjie aan – sy gebruik verf wat gewoonlik vir staalhekke of heinings gebruik word omdat dit goedkoper is;
Jy kan ook die verf aanspons vir ‘n stippeleffek of dit met ‘n kwas aanverf vir ‘n streepeffek.
Sit laastens nuwe handvatsels aan vir ‘n blinknuwe voorkoms!