27 April 2011: Maak jou voordeur lig- en stofdig

Plak ligdigte plakspons op deur Selfdoen-ghoeroe Karin Cronjé het 'n blink plan.

Jy benodig:
skuurpapier,
windweerstrook
skroewe
houtsaag
winkelhaak
maatband
potlood
plakspons
snymes
koordlose boor en boorpunt
verf en kwas

Skuur eerstens die ergste veiligheid en los verf aan die plat kant van die deurprofiel af – waar die spons geplak moet word. Hou die spons wat spesifiek vir winddigting van houtdeure gemaak is, teen die deurprofiel om te meet dat dit nie dikker is nie. Vee die deurraam met jou vinger skoon. Trek nou die plakgedeelte van die spons af en druk dit liggies aan die bokant vas. Trek die papier stadig af en plak die spons tot onder. Gebruik die snymessie en sny die spons op die regte lengte af.

Die weerwindstrook van hout kom aan die onderkant van die deur. Hou die houtstrook aan die binnekant onder op die toe deur en merk waar dit afgesaag moet word. Gebruik 'n winkelhaak om 'n reguit lyn op die hout te trek. Saag die stukkie hout volgens lengte.

Boor twee loodsgaatjies in die houtstrook. Hou die windstrook in posisie en skroef die plankie teen die deur vas. Maak seker dat jou skroewe lank genoeg is om deur die plankie tot in die hout van die deur te skroef.

Na gelang van die afwerking van jou deur, kan die plankie geverf of vernis word om sommer heeltemal weg te smelt. Nou behoort die lastige warrelwinde jou nie weer te pla nie!
Meet deur se breedte
Pas houtwindweerstrook oor deur
Verf windweerstrook dieselfde kleur as deur
Lig- en stofdig voordeur
   

Lees Ook: