SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Kondensmelkfudge in die mikrogolf
Kondensmelkfudge in die mikrogolf »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

26 Januarie 2011 Herstel 'n buitestortvloer

Maak 'n Afdruk Afdruk
Skuur ou stortvloer se verf af Jy benodig
Blik verf, kleur van jou keuse
Voegbry, klaar aangemaak
Skraper
Skuurpapier
Kwas
Besem

Maak seker dat jou stortoppervlakte mooi skoon gevee en droog is. Gebruik die skuurpapier om die ergste los, afskilferende verf oor die hele oppervlak af te skuur. Gebruik jou skraper om die krake wyer oop te maak sodat jy 'n beter en groter hegplek vir die voegbry het.

Vee met jou hand oor die oppervlak om seker te maak dat al die growwigheid weg is en vee dan die stortvloer finaal skoon. Maak seker dat jy al die krake deeglik skoonmaak.

Vul nou die krake met die skraper en voegbry. Maak seker dat jy genoeg daarvan gebruik. Vee die oortolliges met die skraper af sodat jy nie na die tyd hoef te skuur nie. Hierdie reeds aangemaakte voegbry word gelukkig vinnig droog.

Wanneer dit goed droog is, kan jy met die verfwerk begin. Gebruik 'n breë kwas om die vloer mee te verf. 'n Kwas vat effens langer, maar dit is die beste manier om te verseker dat jy verf in al die gaatjies kry. Sodra die eerste laag goed droog is, kan jy besluit of 'n tweede een nodig gaan wees.
Skraap ou stortvloer se krake skoon
Vul ou stortvloer se krake
Verf stortvloer met kwas
 

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development