SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

26 Desember 2012 - Selfmaakspeelgoed vir honde

Maak 'n Afdruk Afdruk

Selfmaakspeelgoed vir honde

Speelding 1: Materiaalvlegsel (klein hondjie)

 

> oorskietmateriaal  (iets wat nie maklik rafel nie)

> skêr 

> tennisbal 

> iets om gat in bal te maak

> iets om die vlegsel deur die bal te druk/trek

 

Stappe:

 

1. Sny strokies materiaal – paar verskillende kleure.

2. Vleg die materiaal – lang, dun strook.

3. Maak ‘n gat in die tennisbal en ryg die vlegsel deur.

4. Knoop die vlegsel hier en daar – laat tossels aan die punte. 

 

Speelding 2: Melkbottel met hondebeskuitjies (woelige hondjie) 

 

> melkbottel (etikette afgehaal)

> 3 koppies growwe meel (heelgraan) 

> 2 klein blikkies hondekos 

> 1 eier

> 1 ½ - 2 koppies aftreksel (beesaftreksel) 

> mengbak, houtlepel, vurk, bakplaatjie, waspapier, oond, oondhandskoene

 

Stappe:

 

1. Meng al die bestanddele saam – eers al die droë bestanddele en voeg dan die ‘stock’ by tot dit klam genoeg is om ‘n deeg te vorm. 

2. Rol worsies en sit dit op ‘n bakplaatjie op waspapier. Sny in stukkies en druk plat met ‘n vurk. 

(moet pas deur die nek van die melkbottel)

3. Voorverhit die oond tot 180 grade – bak 12 – 14 minute. 

4. Bêre in die yskas of vries na die tyd. 

5. Sit van die beskuitjies in die melkbottel. Dit sal jou hond ure lank besig hou om dit alles uit te kry. 

 

Speelding 3: Sokkie-speelding (ou hond) 

 

> ou sokkie

> bypassende gare + skêr

> badspons x 2 (kop en lyf) 

> mooi lint

 

Stappe:

 

1. Sny die spons in stukke om die kop, lyf en bene van die hondjie-speelding te vorm. 

2. Druk die spons in die sokkie en bind sekere dele af met gare wat daarom draai en knoop. 

3. Bind ‘n mooi lint om die nek om af te rond. 


Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development