SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Kondensmelkfudge in die mikrogolf
Kondensmelkfudge in die mikrogolf »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

25 Mei 2011: Steek TV-drade weg

Maak 'n Afdruk Afdruk
TV teen muur Sien jy net die aaklige drade van die dekodeerder en dvd-speler raak wanneer jy televisie kyk? Selfdoenghoeroe Karin Cronjé wys hoe maklik jy van hierdie onnodige oogseer ontslae kan raak.

Jy benodig:
voorafgemaakte rak
skroewe
boor en sementboorpunt
waterpas
maatband
potlood
alkantplakspons
skuifstrokies (cable ties)
ystersagie
plastiek draadhouer met deksel (trunking)

Begin deur te bepaal hoeveel drade herlei en weggesteek moet word. Pak al die elektroniese toerusting – soos dit moet staan – in jou houtrak. Kyk aan die agterkant waar die drade gemaklik op 'n sentrale punt bymekaar kom en maak 'n merk op die rak.  Neem die plastiek draadhouer en trek die buitelyn daarvan by die merk op die rak. Saag die keep uit die rak sodat die plastiekhouer presies daarin sal pas.

Bind nou al die los drade met die skuifstrokies aanmekaar vas. Hou die drade oorkant die keep en plaas die rak in posisie teen die muur. Meet die afstand tussen die rak en televisie. Merk die draadhouer en saag dit met die ystersaag volgens afmetings. Haal die deksel af en plak die agterkant met die alkantplakspons teen die muur vas. Onthou dit moet lank genoeg wees om agter die televisie én effens in die keep te pas. Herlei nou al jou drade in die plastiek houer na die televisie toe en plaas die deksel terug.
Cable ties
Herlei TV drade in plastiekhouer
Herlei TV drade in plastiekhouer
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development