SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Gestoofde vrugte vir ontbyt
Gestoofde vrugte vir ontbyt »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

25 Januarie 2012: Agapanthus

Maak 'n Afdruk Afdruk
wit agapanthus 

Die Agapanthus, oftewel bloulelies of kerskandelare is 'n pragtige inheemse plant wat vir enige tuinier 'n suksestorie kan waarborg. Die plant kom in verskeie dele van ons land voor en is 'n geharde blom wat hoofsaaklik in die somer sy prag vertoon. Daar is deesdae baie hibriede beskikbaar soos die “Blue Velvet” (donkerpers) een en die “Queen Mom” (wit met titsel blou aan die agterkant van die blom).

Agapanthus behoort elke 2 – 3 jaar uitgehaal en verdeel te word. Plant dit dan weer met nuwe kompos in die grond om 'n blommassa te verseker.

Om die bestaande plante te verdeel moet die wortels eers teruggeknip word. Knip dit kort af naby die hoofstamme, al in die ronde. Dit stimuleer hergroei en help jou om die knolle uitmekaar te kry. Met die snoeislag agter die rug, plaas jou hand oor een stingel en maak die wortels los deur 'n ligte trek-en-wikkel-aksie. So verseker jy 'n nuwe plant met sy eie wortelstelsel.

Die Agapanthus is op sy gelukkigste in 'n sonnige deel met middagkoelte. As hulle te veel skadu kry, blom hulle minder. Vir verdere versorging help dit om 1 tot 2 keer 'n jaar 'n organiese voeding te gee en die blomstele uit te knip as hulle klaar geblom het. 


 aganpanthus
 wortels verdeel
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development