24 November 2010: Vrugte-coulis

blits vrugte vir coulis Vrugte-coulis is ʼn sous wat bestaan uit gekookte of ongekookte vrugte of groente wat verpulp en met suiker gemeng word.
 
(Maak omtrent 1 k)

250 g vrugte*
5 e versiersuiker
1 suurlemoen se sap

Plaas die vrugte in ʼn voedselverwerker en verpulp tot fyn. Proe voor jy die versiersuiker en suurlemoensap byvoeg. Gooi die puree deur ʼn sif en bêre 2 -3 dae in ʼn lugdigte houer in die yskas.

*Reuben beveel vars vrugte wat in seisoen is aan, maar gevriesde vrugte werk ook goed. Eksperimenteer deur verskillende vrugte te meng vir interessante geure.

Pasella neem geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van resepte wat met die Google Translate-funksie vertaal word nie.
Voeg versiersuiker by die coulis
Reuben Riffel se vrugte-coulis
   

Lees Ook: