23 Februarie 2011: Installeer staanlampieskakelaar

Karin Cronje op bank Jy benodig
skakelaar
klein skroewedraaier
tang
merkpen
snymessie

Maak seker die muurprop is uitgehaal by die muur. Meet op die koord waar die skakelaar moet kom en merk waar jy die koord moet sny. Jy wil basies net 'n stukkie van die twee draadjies in die koord – afhangende van jou skakelaar se grootte – van mekaar skei. Loer gerus weer na die instruksievideo om te verseker dat jy dit reg doen.

Sny dan ook een van die geskeide deeltjies middeldeur, want dit is waar die koord aan die een kant van die skakelaar in- en aan die bokant uitgaan. Sny met jou snymessie ongeveer 2 – 4mm van die plastiekomhulsel van die twee los puntjies af, sodat die fyn koperdraadjies uitsteek. Draai die koperdraadjies se puntjies styf tussen jou vingers sodat dit makliker in die skakelaar sal ingaan.

Skroef die deksel van die skakelaar los – werk liefs oor 'n tafel want daar is hordes klein goedjies binne-in die skakelaar wat kan uitval. Neem nou een van die koperdraadpuntjies en skroef dit in die klein gaatjie van die skakelaar vas. Neem dan die ander koperdraadpuntjie en skroef dit aan die bokant van die skakelaartjie vas. Herlei nou die ander, soliede stukkie van die geskeide koord ook in die skakelaar. Daar is gewoonlik 'n spesiale plekkie daarvoor in skakelaars. Sit weer die deksel terug en skroef stewig vas.

Kyk hoe maklik was dit! Nou hoef jy nie weer jou spiere te verrek om jou lampie daar doer agter teen die muur aan of af te skakel nie.
Meet skakelaar op koord
Skei lampie se koord
Herlei draadjie in skakelaar
 

Lees Ook: