20 June 2012: Krismisrose

Krismisrose   KRISMISROSE:

Wintermaande is die tyd waarin ‘n mens jou tuin goed moet skoonmaak en natuurlik ook behoorlik snoei.


Snoei eerste die bladwisselende bome en struike, daarna die vrugtebome en heel laaste, die rose.

Krismisrose is bladwisselende struike en moet twee-derdes tot die helfte teruggesnoei word. Hy snoei dit net bo die tweede ogie omdat dit blomvorming aanhelp. Sny die stammetjies teen ‘n skuinsste sodat daar nie water in afloop wat swamme en roes in die somer veroorsaak nie.

Moenie die blomme weggooi nie, hang dit aan ‘n tou in ‘n boom onderstebo op sodat dit droog en jy dit later weer kan gebruik. Maak steggies met die takke wat nie blomme aanhet nie. Knip hom weer net bo twee ogies, druk in hormoonpoeier en sit dit in ‘n pot vol potgrond.




   
 



Lees Ook: