20 Februarie 2013: Marlize maak outydse letters

Marlize Outydse letters

Benodigdhede:

Polistereen of supawood letters

Houtgom

Swarthandwerkverf

Klein en medium kwassies

Tinfoelie

Sponsie

Koerant om op te werk


Metode:

Begin deur die voorkant van die letter met houtgom te verf (gebruik medium kwassies). Verf ook die agterkant as dit sigbaar gaan wees. Plak tinfoelie oor en vryf dit glad, maar kreukel hier en daar vir effek. Draai die letter om en sny die oortollige foelie af. Vou die randjies om en plak netjies vas (gebruik klein kwassie om gom aan te wend). Vryf die randjies vas. Draai om en gebruik die sponsie om swarthandwerfverf daarop te druk. Druk dit eers op die koerant om oortollige verf van die sponsie af te kry. Vryf die verf plek-plek oor die riffeldeeltjies vir effek en manipuleer totdat jy tervrede is met die eindproduk.

 

Kyk die hele insetsel hier:


Lees Ook: