2 November 2011: Willie maak 'n tuinboog

Willie Schmidt maak 'n tuinboog

Begin met twee Italiaanse sipresse wat reeds 'n rukkie groei om ongeveer 2 meter hoog te staan. Heg 'n stuk gebuigde yster aan die twee bome vas met goeie plastiese bindtoue. Kry 'n plekkie so twee derdes van die grond af sodat die boonste gedeeltes van die bome nog kan oorbuig om die boog te vorm.

Nou kan jy die boonste gedeeltes van die sipresse oorbuig en met bindtoue vasmaak aan die stuk yster. Mettertyd sal die sipresse dikker groei en so verkry jy die gewenste boog-effek.

Om die groei van jou sipresse te bevorder gee hulle 'n goeie dosis beenmeel elke nou en dan. Onthou, hulle hou glad nie van kunsmis nie. Om die groei van die klein takkies bo aan te help, hou die onderste, groter takke in toom deur hulle gereeld terug te snoei.

En siedaar, in 'n paar maande het jy die perfekte groen boog!

 

Pasella bedank graag:

Aspidistra Tuinsentrum
T: 021 881 3494
F: 021 881 3430
E: willieschmidt@telkomsa.net

Willie Schmidt maak 'n tuinboog
Willie Schmidt maak 'n tuinboog
 
 
   

Lees Ook: