SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

2 Maart 2011: Glaslanterns

Maak 'n Afdruk Afdruk
Meet glas omtrek met lintjie Jy benodig
Glase, met reguit kante
Ontwerp, uitgedruk op papier
Wit papier
Aftrekpapier
Snymat en -messie
Metaalliniaal
Alkantkleefband
Maskeerband
Spuitgom
Teekersies

Begin deur jou glase se omtrek en lengte te meet. As jy nie 'n maatband het nie, werk 'n stukkie tou of lint net so goed. Draai dit eenvoudig om jou glas en meet dit dan op die liniaal. Sny 'n stuk wit papier in 'n reghoek, volgens jou glas se mates. Doen so ook met die aftrekpapier.

Plak jou wit papier tydelik met maskeerband aan jou snybord vas en jou ontwerp bo-op soos jy dit wil hê. Begin nou om jou ontwerp met die snymessie uit te sny. Jy kan ontwerpe orals kry, Marlize stel voor jy loer in tydskrifte, boeke, op die internet of na geskenkpapier. Solank die ontwerp by jou vertrek pas, kan jy nie verkeerd gaan nie. Die proses om die ontwerp uit te sny is tydsaam, maar beslis die moeite werd.

Wanneer jy klaar die ontwerp uitgesny het, kan jy dit van die snymatjie losmaak. Keer dit om en spuit met die spuitverf. Plak die papier om die glas – indien dit effens oor die rand uitsteek, kan jy dit net netjies met jou snymessie afsny.

Hierna plak jy die aftrekpapier om die glas met alkantkleefband – bo-oor die wit papier – en sny die oortollige stukkies met jou snymessie af. Sit jou teekersie binne-in en jou lantern is klaar.
Plak ontwerp en wit papier op snymatjie
Sny ontwerp uit met snymessie
Wit papier met ontwerp uit gesny om glas
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development