SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

19 Januarie 2011: Hout stortmatjie

Maak 'n Afdruk Afdruk
Meet hout stortmatjie lengte Jy benodig:
Skroewe
Handsaag
Winkelhaak
Merkpen
Maatband
Skuurpapier
Boor met hout boorpunte
Koue lym
Verf en kwas

*Snylys:
6 merantiehoutbalkies vir staanoppervlak
3 stutbalkies, ook van merantiehout

*Meet vooraf die grootte van die spasie wat jy tot jou beskikking het en laat sny jou houtplankies daarvolgens. Karen gebruik 6 balkies vir haar staanoppervlak en 3 stutbalkies. Pas die aantal plankies en balkies aan om by jou beskikbare spasie te pas.

Karen gebruik vyf stukkies ewe dik afvalhout om die ses balkies eweredig op 'n gelyke oppervlak te spasieer. Sny daarvolgens drie stutbalkies in die lengte sodat dit nie oor die rand van die twee buitenste plankies steek nie. Spasieer die drie stutbalkies, aan die regter- en linkerkant asook in die middel van die balkies. Boor regdeur die stutbalkies tot in die houtplankies met die boor en boorpunt. Herhaal die proses totdat jy minstens een skroefgat in elke plankie het.

Verwyder die balkies, smeer 'n bietjie houtlym oor elk van die skroefgaatjies en sit die stutbalkies terug. Nou kan jy die balkies aan die plankies begin vasskroef. Gebruik skroewe wat lank genoeg is om deur die balkies tot in die plankies te skroef, maar nie regdeur gaan nie.

Skuur nou die houtjies glad daar waar jy gesaag het, want jy wil nie splinters in jou voete kry nie. Nou is jy gereed vir die finale afwerking. Verf die matjie en laat goed droog word. Daar het jy dit, netjies, veilig en boonop higiënies.
Hout lym in skroefgaatjies
Onderstebo hout stortmatjie
Verf hout stortmatjie
hout stortmatjie klaar
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development