19 Desember 2012: Reuben se soutkaramelsous in n flessie

Reuben se soutkaramelsous in ‘n flessie

Reuben se soutkaramelsous in ‘n flessie

 

Benodigdhede:

2 k suiker

12 e ongesoute botter, by kamertemperatuur, in blokkies gesny

1 k dik room, by kamertemperatuur

1 e seesoutvlokkies

‘n Bietjie water

vanielje

 

Metode:

Plaas die suiker en water oor medium hitte in ‘n pan of pot met ‘n dik basis. Roer voordat jy die temperatuur aansit, want as dit begin kook, moet jy ophou roer. Verf die kante van die pot met ‘n nat kwassie skoon. Sodra die suiker opgelos het, verhoog die temperatuur en kook tussen 5 en 8 minute tot ‘n temperatuur van 175° C.  Gooi die res van die bestanddele stadig by terwyl dit kook. Onthou die mengsel gaan spat, so wees versigtig. Klits tot jy ‘n gladde sous het. Gebruik warm of hou tot 2 weke in die yskas. Verhit voordat jy dit gebruik.

 


Lees Ook: