19 Desember 2012: Marlize se sleutelhouer

Marlize maak n sleutelhouer op Pasella

DIY Geskenke - Marlize se sleutelhouer

Benodigdhede:

Vilt

Sker

Potlood

Handwerkverf

Sponsie vir aanwending

Stensil

Sterk gom

Papierpons

Sleutelringetjies

Metaalogies en tang

 

Metode:

Trek ‘n vorm op die vilt. Sny uit. Sny dieselfde vorm weer uit, maar in ‘n ander kleur en ‘n paar millimeter groter. Pons ‘n gaatjie in die eerste vorm en merk die plek op die tweede vorm sodat jy die gat met die ander een ooreenkom. Smeer die gom op die kleiner vorm en plak die twee aanmekaar sodat die gaatjies ooreenstem. Sit die metaalogie met die tang in die vilt. Druk die verf op die stempel met die sponsie. Druk die verfkant van die stempel op die vilt, lig die stempel of stensil versigtig af en los om droog te word. Doen moeite met die toedraai om jou geskenkie ekstra mooi te laat lyk.


Lees Ook: