19 Desember 2012 - Willie se potplantkolwyntjiepan

Willie se potplantkolwyntjiepan

DIY Geskenke – Willie se potplantkolwyntjiepan

Benodigdhede:

Ou kolwyntjiepan

Klein keramiekpotjies

Epoksie

Snoeiskêr

Skêr

Plantjies van jou keuse (crasulas, cedums en woestynblomme werk goed)

Potgrond

Iets om mee toe te draai soos saamgepersde klapper en ‘n stukkie tou

 

Metode:

Meng die epoksie en smeer aan die rand van ‘n potjie sodat dit binne-in ‘n kolwyntjiegaatjie kan vasplak. Druk dit ‘n rukkie vas. Moenie ‘n potjie in elke gaatjie sit nie, maak eerder ‘n patroontjie. Vul elke potjie met potgrond en plant. Willie draai dit soos volg toe: Hy sit dit binne-in ‘n groot stuk klapperhaar en plaas ‘n kleiner stukkie bo-oor. Daarna maak hy gaatjies en knoop die twee dele aanmekaar met die tou sodat dit soos ‘n mandjie opgetel kan word.

Lees Ook: