SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Kondensmelkfudge in die mikrogolf
Kondensmelkfudge in die mikrogolf »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

18 Augustus 2010: Vernuwe jou uitgekuierde braaiplek

Maak 'n Afdruk Afdruk
Braaiplek Hier is wat jy gaan benodig:
'n Sak vuurvaste sement
Genoeg vuurvaste bakstene om al die vodde-oppervlaktes te bedek
Teëltroffel
Skuurpapier
Mengemmertjie
Spons
Skoppie en besem

Meet vooraf die oppervlaktes wat jy wil bedek om te bepaal hoeveel stene jy gaan nodig kry. Koop liewers een of twee te veel. Onthou jy vermenigvuldig die lengte met die breedte om die oppervlakte te kry.

Nou gaan ons die braai 'n les of twee leer. Skuur eerstens al die ou roet met skuurpapier af. Sorg dat jy dié in die krake ook beetkry. Dit is bloot om 'n goeie hegting vir die vuurvaste sement te kry. Vee die binnekant van die braaiplek skoon sodat dit heeltemal stofvry is.

Jy gaan dalk ook 'n kleiner besempie moet gebruik om die heel fyn stof uit te kry.

Sodra dit skoon is, kan jy die stene uitpak om te kyk hoe dit die maklikste gaan inpas – dis amper net soveel pret soos om met Legoblokkies te speel!

Gooi 'n bietjie van die sementpoeier in 'n emmer en voeg genoeg water by terwyl jy roer om 'n slap mengsel te kry. Smeer 'n lagie gom op die agterkant van die steen. Druk dit teen die oppervlakte vas – sit liewers te veel as te min gom aan – al peul dit effens langs die kante uit. Jy kan die stene knus langs mekaar pak – dit is amper dieselfde as om te teël! Plak nou al die stene een vir een teen mekaar. Vee die oortollige gommengsel met 'n klam spons af.

Al wat nou kort is 'n bietjie geduld voor jy die vuur aansteek – jy moet 'n dag of twee wag vir die sement om kurkdroog te word, maar glo my – jy gaan al jou vriende met jou handewerk beïndruk!
Le nuwe teels
Vuurvasteteels
 

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development