SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Kondensmelkfudge in die mikrogolf
Kondensmelkfudge in die mikrogolf »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

17 November 2010: Watertenk

Maak 'n Afdruk Afdruk
plastiek watertenk met deksel Doen die aarde en jou plante 'n groot guns en kyk vandag na selfdoen-ghoeroe Karin Cronjé se slim plan om met 'n doodgewone asblik of emmer water te spaar.

Jy benodig
Plastiek asblik/emmer
Kraan en wassers
Loodgietersband
Skuurpapier
Ystersaag en lem
Merkpen
Maatband
Koordlose boor met 'n 16mm-boorpunt
Boublokke/bakstene

Berei 'n gelyke oppervlak onder ʼn geut voor en pak boublokke/bakstene langs mekaar om as 'n staander vir ʼn nuwe watertenk te dien. Plaas die plastiekasblik op die staander en merk die hoogte op die geut waar dit afsaag moet word. Onthou dat die kraan aan die onderkant van die asblik ingesit word en dat daar genoeg ruimte gelaat moet word sodat 'n gieter/emmer daaronder kan inpas.

Saag nou die geut af sodat die water binne-in die emmer sal loop. Dis belangrik dat die geut effens langer afgesaag word sodat dit binne-in die emmer gaan en voorkom dat die water uitspat. Skuur die ergste growwigheid aan die binnekant van die geut met die skuurpapier af.

Draai nou die asblik op sy sy en merk met die pen presies waar jy die kraan gaan inskroef. Dis ook belangrik dat die kraan so na as moontlik aan die bodem van die asblik kom, sodat daar nie onnodig water in die emmer oorbly nie. Boor nou 'n gaatjie in die emmer om die kraan in te skroef – moenie te hard druk nie, want die plastiek kan bars.

Sit 'n wasser aan die agterkant van die kraan en skroef dit aan die asblik vas. Neem die loodgietersband en draai dit letterlik om elke gedeelte wat aan die emmer vasgeskroef word – in hierdie geval aan die kraangedeelte wat aan die binnekant van die emmer uitsteek. Plaas weer 'n wasser oor die loodgietersband en draai die kraan met 'n moer vas. Onthou jy werk met plastiek – moet dus nie te veel krag gebruik nie.

Boor nog 'n gaatjie 'n paar sentimeter van die bokant van die emmer om as oorloopuitlaat te dien. Plaas nou die asblik in posisie op die staander, met die geut wat binne-in die emmer uitloop.

Om die ergste vuiligheid en blare uit jou watertenk te hou, kan jy 'n gaping uit die asblik deksel saag sodat dit mooi om die geut pas.
Boor gaatjie vir die watertenk kraan
Kraan vir watertenk
Tuisgemaakte watertenk op boublok staander
Saag gaping vir geut in watertenk deksel
Plastiek watertenk met deksel
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development