SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Fudge
Fudge »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

17 Augustus 2011: Skilderkuns

Maak 'n Afdruk Afdruk
Wit skilderdoek op koerant Kunswerke wat goed by die kleurskema en dekor van 'n vertrek aanpas, is die ideale manier om enige vertrek af te rond.

Jy sal verbaas wees wat selfs net 'n spatsel kleur op 'n skilderdoek kan doen, mits dit in die regte kleurskema is.

So probeer gerus om jou eie kunswerke te maak met hierdie maklike tegniek wat baie van julle sal onthou van kunsklasse uit jul kinderdae.

Jy benodig:
skilderdoek
waterverf
plastiekhouertjie
water
kwassie
strooitjie

Begin deur 'n bietjie van die verf in 'n houertjie uit te skep en dit effens te verdun met 'n bietjie water. Roer goed met die kwassie en drup dan bietjies daarvan op 'n slag op die doek voor jy begin blaas.

Die idee is om die verf in interessante patrone te versprei, so draai die doek in verskillende rigtings en blaas ook in verskillende rigtings tot jy tevrede is met die eindresultaat.

Jy kan selfs verskillende kleure op een doek kombineer, maar vir 'n meer stylvolle voorkoms is een kleur genoeg.

Nou moet jou werke net so 'n bietjie gelos word om droog te word en dan kan jy hulle ophang.
Verf op wit skilderdoek
Moderne kunswerk op skilderdoek
Handgemaakte kunswerke bo bed
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development