SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

16 Februarie 2011: Bou 'n voŽlbadjie

Maak 'n Afdruk Afdruk
Plastiekhouer met bakstene en waterpompie vir voëltjiebad Om hiérdie geveerde vriende te sien bad en speel, kan ure se plesier en rus vir jou siel verskaf.

Willie wys vir ons 'n voëlbad met 'n kinkel in die kabel. Nie net is dit 'n gewone voëlbad nie, maar 'n borrelbad! Kom ons kyk wat doen die voëltjies met hom!

Jy benodig
Groot plastiekbak
Bakstene
Waterpompie, beskikbaar by meeste kwekerye
Spoelklippe
3 terracotta-potte, verskillende groottes
Terracotta-opvangbak, met gaatjie in die middel
Mosaïekteëltjies

Besluit op 'n plekkie waar jy die voëlbad in jou tuin wil plaas. Grawe dan 'n gat waarin jou plastiekbak sal inpas en sit dit daarin. Die plastiekbak sal die oorloop water opvang.

Plaas 'n paar bakstene binne-in die plastiekbak om 'n stewige fondasie vir die terracotta-potte en -opvangsbak te vorm. Plaas jou waterpompie tussen die bakstene in die middel van die plastiekbak. 'n Oulike wenk is om eers die punt van die pompie se plastiekpypie in kokende water te plaas. Dit sal die pypie bietjie sagter maak en so ook die proses om dit aan die pompie te koppel vergemaklik.

Nou gaan jy die pilaar van die voëlbad bou deur die verskillende terracotta-potte op mekaar te pak. Begin met die grootste pot. Draai die pot om en ryg die plastiekpypie deur die dreineringsgat. Sit dit op die bakstene. Ryg die pypie deur die tweede grootste pot en plaas dit onderstebo op die groter een. Doen dieselfde met die laaste potjie. Ryg dan laastens die pypie deur die terracotta-opvangbak en plaas dit bo-op die pilaar.

Dis belangrik om nie die plastiekpypie té hoog of té laag af te sny nie. Laat so 2cm van die pypie bo die opvangsbak uitsteek om ʼn borrelbadeffek te kry.

Rond die voëlbad af deur van die groter spoelklippe om die pilaar in die plastiekbak te pak en vul die gaatjies met die kleineres om die plastiekbak te verbloem. Al wat nou oorbly, is om die plastiekbak met water te vul en die pompie aan te skakel.
Pak terracotta-potte bo-op mekaar
Willie Schmidt met terracotta-opvangbak
Terracotta-voëlbad met klippe om
Terracotta-voëltjiebad in tuin
 

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development