SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

15 Junie 2011: Glasdeurplakkers

Maak 'n Afdruk Afdruk
Marlize Lotz staan op stoep Mense is geneig om hulself te misgis met glasdeure wat lyk asof hulle oopstaan, maar eintlik toe is. Nie net is dit vernederend nie, maar jy kan baie seerkry as jy daarin vasloop. Maak dus seker dat jou glasdeure duidelik sigbaar is wanneer dit toe is, deur plakkers daarop te plak.

Die plakkers wat in winkels beskikbaar is, is redelik beperk en nie almal se styl nie, so vandag wys handwerk-ghoeroe Marlize ons hoe maklik dit is om jou eie te maak.

Jy benodig:
'n ontwerp wat 'n mooi silhouette sal maak
rol deursigtige plakplastiek, wat lyk soos glas wat sandgespuit is
potlood
uitveër
skêr
maskeerband

Rol die plastiekvel op 'n gelyke oppervlak oop met die rugkant na bo. Gebruik 'n potlood om die buitelyne van jou ontwerp op die rugkant van die plastiek af te trek en sny dit uit. Trek nou die rugkant versigtig van die plastiek af en plak dit op die glasdeur.

Maak seker dat die glas goed skoon is. Jy kan dit met 'n lappie en 'n bietjie spiritus of asyn afvee om seker te maak dat daar geen vetterigheid en vuilheid meer op die glas is nie. Vryf die plakkers goed plat en maak veral seker dat die randte goed vassit sodat dit nie later oplig nie.
Ontwerp met mooi silouette
Trek patroon af
Glasdeurplakkers
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development