14 November 2012: ‘n Selfmaakbordspeeltafeltjie

‘n Selfmaakbordspeeltafeltjie van Karin

DIY: ‘n Selfmaakbordspeeltafeltjie van Karin

 

Benodigdhede:

Vier stukke vierkantige hout
Vier skroefstawe
Wassers
Moere
Eindmoertjies
Merkerpen
Klamp
Ystersaag
Houtboorpunt
Koordlose boor
Maatbank
Growwe skuurpapier

 

Metode:

  1. Besluit hoe hoog die tafeltjie moet wees – Karin meet die skroefstawe 650 cm en merk dit met die merkpen.

  2. Dit word met die klamp aan die werkoppervlak vasgesit en dan word dit reguit afgesaag.

  3. Skuur die randte van die skroefstawe mooi glad.

  4. Meet 70 mm in elke hoek van die houtborde.

  5. Boor op die merkie met ‘n 12mm houtboor as jy 10mm skroefstawe het.

  6. Skroef die eindmoer aan die onderpuntte vas.

  7. Draai die skroefstawe regop en sit wassers in elke staaf dat dit by die eindmoer lê.

  8. Druk die skroefstawe deur sodat die eindmoer bo op die blad van die tafel is.

  9. Sit nog ‘n wasser in en skroef ‘n moer in tot aan die onderkant van die blad sodat die skroefstaaf nie kan rondgly nie.

  10. Draai nog moertjies in tot op die vlak waar jy die volgende blad wil hê. Volg met ‘n wassertjie en dan die blad.

  11. Sit weer wassers en moere bo en doen presies dieselfde met die derde blad.

  12. Gebruik eindmoere heel onder sodat dit sommer as voetjies dien.

 

*Karin het vooraf op die boonste stuk hout ‘n skaakbord geverf.

 



Lees Ook: